Sheen spandeer glo R182 000 op gesellinne
2011-01-20 13:18
Los Angeles – Charlie Sheen het $26 000 (sowat R182 000) op gesellinne spandeer tydens sy partytjie-naweek in Las Vegas.
Die Two and a Half Men-akteur was glo ‘hoog’ op dwelms en het $10 000 (sowat R70 000) op ‘n gesellin bekend as Ginger spandeer wat hy aanlyn ontmoet het.
Sheen het glo aan Ginger gesê hy is ‘n A-lys ster. Hy het by die Hugh Hefner Sky Villa by die Palms Casino oord tuisgegaan.
Volgens Ginger was Sheen ‘hoog’ op kokaïen toe sy by sy kamer opgedaag het. Hy het ook voortgegaan om dwelms voor haar te gebruik, het RadarOnline.com berig.
Sheen het glo ook aan Ginger genoem dat die gefuif nie net vir een aand is nie en hy beplan om haar op ‘n volgende geleentheid weer te ontmoet wanneer hy in Las Vegas is.
Behalwe Ginger, het die 45-jarige Sheen glo ook $8 000 (sowat R56 000) op twee ander gesellinne spandeer.
Die pornoster Bree Olsen en Jesse James se gewese minnares, Michelle ‘Bombshell’ McGee, het ook Sheen se drumpel deurgetrap op dieselfde naweek.
- Vir meer inligting besoek Tonight.
- Volg Nuus24 op Twitter.