Shaleen gaan in Villa Rosa speel
2011-01-25 08:59
Kaapstad - Die aktrise Shaleen Surtie-Richards is opgewonde om weer op 'n sepie-stel te werk. Sy begin in Februarie skiet vir die kykNET-sepie Villa Rosa.
"Dit is 'n groot uitdaging, veral omdat Francene Jacobs, die nuwe skrywer in die Villa, so hemelsbreed verskil van Nenna," sê sy. Nenna was dalk 'n tannie, maar Francene is alles behalwe een."
Vir haar nuwe rol hoef Shaleen nie van haar haarverlengings of naels ontslae te raak nie.
Sy sien ook daarna uit om baie vryheid te hê op die stel, aangesien die rol van Nenna baie beperk was.
Ná Egoli het Shaleen baie tyd gehad om aan teaterstukke te werk. Haar eenvrou-toneelstuk As ek maar geweet het, is juis pas benoem vir 'n kykNET Fiesta. Dit kan op 28 en 30 Januarie by die Suidoosterfees in Kaapstad gesien word.
- Vir meer inligting besoek Sarie.
- Volg Nuus24 op Twitter.