'Sexy' danser troos Katy Perry
2012-01-31 10:00
Los Angeles – Die sangeres Katy Perry huil op die skouer van 'n sexy danser nadat sy en haar akteur-man Russel Brand in Desember uitmekaar is.
Die paartjie het in Desember die einde van hul huwelik van 14 maande aangekondig en vriende sê Malik Le Nost, 'n agtergronddanser op Katy se California Dreams-wêreldtoer, help haar deur die moeilike tyd. Hul verhouding is glo streng platonies.
Perry het glo tydens hul onlangse besoek aan Indië net oë gehad vir Malik, maar ten spyte van die vonk tussen hulle, sê vriende hulle het nog nie hul verhouding na die volgende stap geneem nie.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter