Sexpo dié jaar nog meer gewaagd
2011-03-31 23:00
Johannesburg – By vanjaar se Sexpo sis daar nie net allerhande
seksspeelgoed om jou verbeelding mee te prikkel nie, jy sal ook porno-sterre in aksie op
die verhoog kan sien, berig IOL.
Sexpo-besoekers sal kan stem vir hul
gunsteling porno-ster tydens ‘n kompetisie waar hoopvolle deelnemers allerhande
seksdade op die verhoog uitvoer.
Die
vertoning, Porno Star, sal in Augustus in Durban en in September in Johannesburg
te sien wees.
Kaapstad word ongelukkig nié vanjaar met ‘n
Sexpo geseën nie.
Porno Star se vervaardiger, Donovan van Wyngaard,
sê Sexpo-besoekers sal uit 100 finaliste die wenners van dié omstrede
kompetisie kan kies.
Die wenners sal elk R5 000 ontvang plus 'n rol in Hustler se pornofilm, wat die einde van die jaar verfilm word.
Daar is sprake daarvan dat die kompetisie op
TV uitgesaai gaan word, maar Donovan kon nie sê watter kanaal belangstelling
getoon het nie.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.