Sekssimbool dreig man met hof
2010-02-11 18:03
Frankryk – Die eens sekssimbool en rolprentster Brigitte Bardot dreig om ‘n wetmaker wat in ‘n boek gesê het dat hy met haar geslaap het, te dagvaar.
Die Koerant Le Parisien het Donderdag berig dat Bardot (75) twee keer dié eise van Patrick Balkany ontken. Sy het nou besluit om hom hof toe te sleep indien hy volhou dat hy saam met haar geslaap het toe sy 18 jaar oud was.
"Ek weet met wie ek geslaap het, en ek het definitief nie met daardie groot leuenaar in die bed gespring nie,” het Bardot gesê.
In sy outobiografie, Un autre verite, la mienne (‘n Ander Waarheid, Myne) skryf Balkany dat hy en dié ster ‘n nag saam in Deauville spandeer het. Sy het glo op die tyd aan hom vertel dat sy nie met iemand kan slaap mits sy nie verlief is nie.
“Wat ‘n jammerte, het ek gedink, maar tien munte later het sy gefluister: ‘maar ek kan drie keer per dag verlief raak’,” skryf Balkany.
Dié burgemeester van die Levallois-Perret woonbuurt in Parys het dié storie op twee televisie kletsprogramme herhaal.
“Volgende keer sal ek hom hof toe sleep,” het Bardot gesê.
- Sapa