Seks, dwelms en 'n bom

2009-10-03 18:12
Tweets Share Share line Print

Generasie sonder wortels: Jenine Groenewald en Andrew Thompson repeteer aan Skrapnel. (Die Burger)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Daniëlla du Plooy

Die dramaturg en skrywer Willem Anker en die regisseur Jaco Bouwer het vir die eerste keer kragte saamgesnoer vir die toneelstuk Skrapnel , wat die afgelope week by Aardklop gedebuteer het.

Dit is moeilik om te glo Jaco Bouwer, bekroonde regisseur van onder meer 2006 se Altyd Jonker, en die dramaturg Willem Anker het nog nie tevore saam ’n toneelstuk geskep nie.

Albei is jonk, het vinnig naamgemaak en al talle pryse verower vir hul werk op én van die verhoog af.

Gelukkig vir teatergangers het hulle saamgewerk aan Skrapnel – ’n opdragstuk wat Anker spesiaal geskryf het vir vanjaar se Aardklop-kunstefees op Potchefstroom.

Dit is een van net twee nuwe dramatekste by die fees en ’n aanspraakmaker vir die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys vir die beste nuwe oorspronklike verhoogteks.

Op ’n Vrydagoggend, sowat vier weke voor die fees, repeteer die groep aan die stuk in die Universiteit van Johannesburg se eksperimentele teater.

Dit is die eerste keer in ’n maand dat Anker sien hoe die produksie gevorder het sedert hy laas hier was. Tóé het die span nog net begin om sy teks en Bouwer se idees vir die stel en musiek saam te voeg.

“Moenie te veel worry oor wat hy dink nie,” spot Bouwer met die akteurs, met verwysing na Anker, en voeg dan by: “Maar julle beter f****n goed wees.”

Hy erken dis redelik senutergend met die skrywer hier om te kom kyk wat hulle in dié tyd vermag het.

Wat nog meer bydra tot die spanning, is dat die groep nie tyd het tot die fees om te oefen nie – Bouwer sou die volgende Maandag na Amsterdam vertrek, waar hy aanvaar is as student vir ’n meestersgraad in teater aan Das Arts van die Amsterdamse Skool van die Kunste.

Hy keer spesiaal terug na Suid-Afrika vir die fees en dié stuk. Hulle moet dus nóú die meeste van die voorbereiding voltooi.
Die akteurs – Marcel van Heerden, Andrew Thompson en Jenine Groenewald – maak gereed vir die repetisie.

Spiere word gestrek, stemme geoefen.

In die feesgids word Skrapnel beskryf as “’n tydsdokument van ’n generasie Afrikaanse jong mense wat sonder wortels en sonder uitsig die wêreld invaar” – nie op soek na iets nie, maar dwalend deur ’n globale shopping centre van seks, dwelms en visums.

Dié gevoel vang Bouwer vas met die stel en musiek. Die “verhoog” in die eksperimentele teater staan in skrille kontras met die laggende, jillende studente wat buite tussen klasse op die kampus rondloop. Die fluoorligte skep ’n gevoel van tydloosheid en van die geraas buite hoor ’n mens niks.

Binne kyk jy twee keer na die “ledemate” wat rondlê – winkelpoppe verwring en op plekke oormekaar gegooi, in vreemde posisies geplaas op iets wat lyk soos die bagasievervoerband van ’n lughawe.

Tog sou die hoofkarakter, Christiaan Rudolph de Wet Botha, maklik soos een van die studente buite kon wees.

Dieselfde, maar tog so anders.

Want Botha was een van die jong, wit Suid-Afrikaners wat ná skool besluit het om nie te gaan studeer nie en oorsee te gaan, Londen toe. Dáár werk hy as veiligheidswag in ’n klerewinkel, in ’n uniform wat lyk “soos jou Voortrekkeruniform in die laerskool”.

Verweef met die verhaal van dié Suid-Afrikaner in die vreemde is ook die agtergrond van die selfmoordbomaanvallers wat verantwoordelik was vir die aanvalle in Julie 2005 op die vervoerstelsel in Londen.

In Anker se verhaal is Botha een van die slagoffers van die bomme, en die stuk “die skrapnel van Chris se lewe, losgeslane fragmente van ’n ongeleefde lewe en ’n ontheemde generasie”.

Bouwer sit agter die klankbord terwyl die akteurs die stuk opvoer en elke nou en dan stop om nog iets te verfyn, verander, verder in te oefen.

Die musiek is plek-plek soos dié van ’n mars, wat opbou en opbou na ’n klimaks, jou later senuagtig maak. Dit voorspel oorlog en die onheilspellende tema van Skrapnel word daardeur vasgevang.

Bouwer, wat in 2000 sy MA-graad aan die Universiteit Stellenbosch behaal het, se werk word beskryf as stukke wat weerstand bied teen die konvensionele en wat nie maklik gekategoriseer kan word nie.

Buiten Saartjie Botha se Altyd Jonker, oor die lewe van Ingrid Jonker, was hy ook die regisseur van onder meer Mike van Graan se Generaal, Antjie Krog se ’n Ander Tongval en verskeie ander stukke uit die pen van Botha, soos Verkeer en Saad.

Dit was die regte tyd om ’n nuwe uitdaging aan te gryp en die twee jaar in Amsterdam gaan presies dít wees, glo Bouwer. Skrapnel het dié planne effens omvergewerp, maar nee sê vir die kans om daarby betrokke te wees, kon hy nie.

“Ná ek die teks die eerste keer gelees het, moes ek eers ’n ent gaan stap om dit te verwerk,” sê Bouwer. “Dit is nie ’n ligte stuk nie. Dit is juis daarom dat ek dit moes aanpak.”

Dat hulle hier in Johannesburg repeteer vir Skrapnel, is eintlik ’n bedekte seën.

“As Kapenaar sukkel ek in dié plek, want ek ken dit nie. Ek weet nie hoe Johannesburg wérk nie. En net noudat ek my voete begin vind, is ons weer klaar.”

Dit het hom egter unieke insig in die karakter gegee – Chris is ook in ’n vreemde omgewing waar hy noodgedwonge moet aanpas.

Bouwer wou nie vaskyk in die feit dat Anker die stuk geskryf het nie. “Dis ’n eer om saam met hom te kan werk, maar dit kan nogal intimiderend wees. Ek probeer fokus op die teks en net voortgaan met die werk.”

Om die stel en karakters ’n werklikheid te maak, was moeilik vergeleke met van sy vorige werk.

“Dis ’n stuk wat ’n mens uitdaag – ek is uit my comfort zone. Maar dis nice om te kan engage met só ’n tipe werk.”

Hy verwys veral na die teks se gevoel van nihilisme. “Seker die grootste uitdaging was om dít uit te beeld en te probeer vasvang.”

Sy eie ervaring van reise in Europa en dié vasteland se wêreldstede het gehelp. “Op daardie subways ... dis nooit donker nie. Soos ’n twilight zone. En die stede is vol bill- boards en ads. Dis net lig, lig, lig.”

Die stukke ledemate van winkelpoppe wat die stel vol lê is simbolies van die fragmente van Chris se lewe wat stuk-stuk vertel en uitgebeeld word – sy wankele verhouding met sy pa, die meisie wat hy in Londen ontmoet, sy tweeledige herinneringe aan sy tuisland.

Bouwer is veral bekend as regisseur, maar het ook heelwat ervaring as akteur en danser. Hy was al op die verhoog te sien in onder meer Mamma Medea, Tom Lanoye se stuk wat vertaal is deur Antjie Krog en waarvan Marthinus Basson die regie behartig het, en Pieter Verhelst se AARS!, ook onder leiding van Basson.

Om die musiek vir ’n stuk soos Skrapnel te kies, begin volgens hom by die konsep van die stuk.

“Klank vorm ’n belangrike deel van my werk tot dusver. Ek beskou musiek en klank nie as aparte aspekte van teater nie – klank dra dieselfde gewig as woorde. Dieselfde met die visuele.”

Bouwer begin deur sy werk – die musiek en visuele aspekte van die teater – as ’n landskap in sy geestesoog op te roep. “Dit alles vorm dan ’n komposisio­nele, emosionele ‘area’ van klanke en beelde.

“Myns insiens moet klank of musiek iets bybring tot die stuk se boodskap. En as stilte dit die sterkste oordra, moet géén musiek gebruik word nie.”

Bouwer werk gereeld saam met die komponis Braam du Toit om musiek te skep wat die gevoel van ’n betrokke stuk vasvang.
 
“Ons het ’n wedersydse verstandhouding en onderliggende aanvoeling vir mekaar se werk.”

Dit was ook Du Toit wat die klanke geskep het vir Skrapnel. Bouwer verwys met dié stuk spesifiek na “klanke”, eerder as “musiek”.

“Ons het besluit Braam gaan regte klanke, soos die ontploffing van ’n bom, reproduseer. Hy het dít gedoen met onder meer tradisionele klassieke instrumente.”

Bouwer sê ook die stel word verander en herskep soos die stuk vorder. “Ek sal designs doen en dan sommer op die tweede dag álles verander. Die eindproduk lyk dikwels glad nie soos waarmee ek begin het nie.”

Aan reëls, sê Bouwer, steur hy hom nie juis nie. “Ek weet nie, dalk moet ek. Dit het net nog nooit regtig vir my gewerk nie.”
Sy emosies het wel altyd ’n vormende invloed in wat hy op die verhoog skep.

“Dis ’n proses van trial and error. Ek glo my werk groei organies uit die stuk self. Ek probeer nie lewe in ’n toneelstuk blaas nie. Dit moet as’t ware homsélf skep.”

Ná al die jare se ervaring bly Bouwer steeds gespanne voor vertonings. “Dit gaan met dié show, die heen en weer oorsee, nog erger wees, vermoed ek,” sê hy. “Maar ek verkies om my nie te indulge in my eie neurose nie.”

Hy het ook drie spesifieke doelwitte wat hy wil bereik ná die twee studiejare in Amsterdam voltooi is. “Ek sal nog graag ’n rolprent wil maak, ’n opera doen ... en ’n boek skryf.”

Die Burger

Lees meer oor: aardklop  |  toneel  |  vermaak

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.