Seinfeld-akteur sterf
2012-01-31 14:27
Los Angeles – Die veteraan Britse akteur Ian Abercrombie, wie se rolle Elaine se baas, “Mr Pitt”, op Seinfeld ingesluit het, het in die ouderdom van 77 gesterf.
Volgens ‘n verklaring het Abercrombie verlede Vrydag gesterf.
Hy was ook die stem agter die uil, Ambrose, in die tekenprent Rango en was ook Chancellor Palpatine in Star Wars: The Clone Wars.
Een van die akteur se vriendinne, Cathy Lind Hayes, het aan die Los Angeles Times gesê dat Abercrombie weens komplikasies met nierversaking in ‘n hospitaal in Los Angeles gesterf het.
Abercrombie was ook in films soos Army of Darkness en televisiereekse soos Wizards of Waverly Place en Birds of Prey te sien.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA