Searching for Sugar Man 'n treffer by lokette
2012-11-26 14:32
Kaapstad – Die treffer-dokumentêr Searching for Sugar Man, wat in teaters regoor die land uitverkoop is, het meer as R2 miljoen by lokette verdien.
Searching for Sugar Man het ook die suksesvolste dokumentêr van alle tye in Suid-Afrika geword.
Die dokumentêr is steeds eksklusief by Cinema Nouveau en uitgesoekte Ster-Kinekor-teaters te sien.
Die film handel oor Rodriquez, 'n misterieuse sanger-liedjieskrywer van Detroit, wie se debuutalbum Cold Fact 'n bron van hoop en inspirasie vir Suid-Afrikaners was.
Jare later het twee Suid-Afrikaners probeer uitvind wat van die musieklegende geword het en besef dat niemand anders in die res van die wêreld sy naam ken nie.
Malik Bendjelloul is die regisseur van die fim.
Searching for Sugar Man is 'n storie wat jou nekhare gaan laat regopstaan as jy sien wat een man se musiek vir 'n nasie kan doen en wat 'n nasie se liefde vir een man kan doen.
Rodriguez sal die somer vir twee vertonings in Kaapstad en Johannesburg na Suid-Afrika terugkeer.
Die twee vertonings is geskeduleer vir Vrydag, 15 Februarie by die Big Top Arena in Carnival City, Johannesburg, en Woensdag, 20 Februarie, by die Grand Arena in die GrandWest-kompleks in Kaapstad.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter