Sean Penn besoek Tripoli
2011-10-05 21:23
Tripoli – Die akteur en aktivis Sean Penn sê hy bewonder
Libiërs vir die feit dat hulle die moed gehad het om Muammar Gaddafi se regime omver te werp..
Penn het tydens ‘n besoek aan Tripoli met die
media gepraat.
Hy het sy absolute vertroue in die mense van
Libië se pogings om ‘n oorgang na demokrasie te maak, uitgespreek.
“’n Enorme prys is betaal, maar daar is geen
twyfel dat hulle dit kan deurvoer nie,” het Penn gesê.
Die 51-jarige akteur was ook onlangs in Egipte,
waar hy ‘n besoek aan Tahrir-plein afgelê het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AP