Sean Kingston binnekort in SA
2010-12-22 14:00
Johannesburg – Sean Kingston sal vroeg in volgende jaar in Suid-Afrika optree, berig die SowetanLive.
Die sanger sal op 25 en 26 Februarie by Emperors Palace in Kemptonpark te sien wees.
Kingston het in 2007 groot bekendheid verwerf met sy liedjie 'Beautiful Girls.'
Sy nuutste album, Tomorrow, bevat nog ’n groot treffer, 'Fire Burning'.
- Lees die volledige storie hier
Volg Nuus24 op Twitter