'Seal het te hard gekuier'
2012-01-23 14:00
Londen – Die supermodel Heidi Klum gaan van haar man, die sanger Seal, skei omdat hy te hard gekuier het, het die Daily Mail berig.
Volgens 'n bron het Seal en Klum se verhouding verlede jaar in Augustus begin agteruitgaan terwyl hulle saam met hul vier kinders in Ibiza vakansie gehou het.
Seal het glo "baie meer as gewoonlik gekuier," het 'n bron gesê.
Klum gaan hierdie week egskeidingsdokumente by ‘n hof in Los Angeles in dien en "onversoenbare verskille" as redes aanvoer.
Die paartjie het ontmoet terwyl Klum swanger was met haar dogter Leni (7) van ‘n vorige verhouding met die Italiaanse sakeman Flavio Briatore.
Klum en Seal het drie kinders saam Henry (6), Johan (5) en Lou (2).
– Volg Nuus24 op Twitter.