Seal, Klum nie bang om aan te neem
2011-11-23 13:01
Los Angeles – Die sanger Seal en sy vrou, die bekende Duitse supermodel Heidi Klum, het gesê dat hulle 'n baba wil aanneem.
Die paartjie, wat reeds vier kinders, Leni (7), Henri (6), Johan (5) en die tweejarige Lou, saam grootmaak, het dié besluit glo geneem nadat hulle hul vriendin Sandra Bullock deur die proses sien gaan het met haar 18 maande oue seun, Louis.
"Ek was regtig geïnspireer deur Sandra Bullock, met wie ons vriende geraak het. Sy het met haar aangenome seun na ons gekom en sy maak hom alleen groot," het Seal aan die tydskrif Closer gesê.
"Sy gee hom 'n kans maar hy weet dit nog nie eers nie, wat wonderlik is. Ons het al oor aanneming gepraat. Ek het geen idee waarvandaan ons sal aanneem nie maar ek dink ons sal eendag, net nie nou nie."
Seal het Leni in Desember 2009 aangeneem.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.