Seal, Heidi Klum se paadjies skei
2012-01-22 10:08
Londen – Die supermodel Heidi Klum en haar man, die Britse sanger Seal, gaan glo ná amper sewe jaar skei.
Luidens berigte sal die Duitsgebore Klum (38) volgende week die skei-dokumente by ‘n hof in Los Angeles indien.
Klum en Seal het in 2005 in Mexiko getrou.
Die paartjie het drie kinders saam – Henry (6), Johan (5) en Lou (2). Die model het nog ‘n dogter, Leni (7), van ‘n vorige verhouding met die Italiaanse sakeman Flavio Briatore.
Daily Mail berig die rede agter die skielike egskeiding is nog ‘n raaisel, maar ‘n woordvoerder vir die voormalige Victoria’s Secret-model sê ‘n verklaring sal binnekort uitgereik word.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter