Scream is terug op die silwerdoek
2010-03-24 15:29
Los Angeles - Aanhangers van grilrolprente sal bly wees om te hoor dat die gewilde Scream nou terug is vir ‘n vierde keer.
Byna meer as ‘n dekade nadat die laaste Scream-rolprent verskyn het sal daardie ‘spookgesig’ weer sy pad tot op die silwerdoek kry, het Variety berig.
Scream 4 sal binnekort met verfilming begin en die beste nuus is dat die oorspronklike span ingestem het om aan hierdie film te werk.
Dit beteken ons kan binnekort weer vir Neve Campbell, David Arquette en Courteney Cox-Arquette sien hardloop vir hulle lewe.
Lees meer hier.