Schwarzenegger het liefdeskind geheim gehou
2011-05-17 17:56
Los Angeles – Die ma van Arnold Schwarzenegger se liefdeskind het 20 jaar vir die familie gewerk en in Januarie 2011 eers afgetree.
Schwarzenegger het sy vrou, Maria Shriver, van die kind vertel nadat sy termyn as goewerneur van Kalifornië vroeër vanjaar tot ‘n einde gekom het.
Volgens die Los Angeles Times is dít die rede hoekom Schwarzenegger en sy vrou gaan skei.
Die kind is meer as ‘n dekade gelede gebore.
Die Terminator-ster het reeds aan sy vrou, kinders en familie om verskoning gevra.
Om die vrou se identiteit te beskerm, het die koerant nie haar naam gepubliseer nie.
Volgens die vrou het sy die Schwarzenegger-huishouding vrywilliglik verlaat nadat sy twintig jaar lank vir hulle gewerk het.
Schwarzenegger het sedert die geboorte van die kind finansiële verantwoordelikheid aanvaar en gee steeds sy ondersteuning.
- Contact Music.
- Volg Nuus24 op Twitter.