Schuster versondig weer siele in nuwe fliek

2010-02-02 10:36
Tweets Share Share line Print

Annami Mailovich

Johannesburg - Om teen vyfuur die oggend met ’n span plakkers, bokke, skape en lekker vuurmaakhout op Seepunt uit te span is ’n wenresep vir amok.

In sy nuutste rolprent, Schucks Tshabalala’s Survival Guide to South Africa 2010, het Suid-Afrika se rolprentreus Leon Schuster weer sy skelmkamera­-streke uitgehaal.

Met ’n brief waarin koningin Victoria glo sê ’n deel van die huidige Seepunt is êrens in die 19de eeu aan die Amararabe van Transkei geskenk, het Schuster en sy span die Kapenaars se siele ’n dag lank versondig.

Aan die einde van die dag het twee polisiebeamptes besluit genoeg is genoeg.

“Hulle gooi my toe in ’n vangwa met ’n moewiese sirene en daar gaan ons,” vertel Schuster.

Sy naam het gelukkig gekeer dat hy in die tronk beland.

“Ek speel die rol van Shucks Tshabalala, ’n swart ou, wat ’n toergids vir buitelanders is wat voor die Wêreldbeker in Suid-Afrika kom toer.

“Hulle leer meer van die land, hoe om die Zoeloedans te doen en dit te geniet. En om in jou pasoppens te wees.”

Schuster se laaste drie rolprente, Mr. Bones 1 en 2 en Mama Jack, was storie­flieks. Schucks Tshabalala het ook ’n storielyn, maar die tradi­sionele komiese sketse is tussendeur gevleg.

“Ek het die gevoel gekry die publiek hunker na my gekskeergoed – waaroor ek nie meer so mal is nie. Ek is ouer en banger. Ek is banger om gebliksem te word. Afrikaners wat na my movies kyk, put geweldige genot daaruit as ek ’n klap kry.”

Hy sê mense het hom egter in sy vorige sketsrolprente begin herken.

“Net ’n snor, baard en hoed was nie meer goed genoeg as vermomming nie. Dit lê seker in my oë of stem.” Die grimering in die nuwe rolprent is prosteties.

Allan Boesak, Breyton Paulse en Helen Zille is onder die slagoffers van die nuwe gemaskerde gevaar.

“Daai mense het nie een deur my gesien nie. My mondering was dié keer te goed.”

Hoewel 2010 aangebreek het en buitelanders Suid-Afrika gaan binnestroom, glo Schuster steeds sy nuwe prent is net vir Suid-Afrikaners.

“Daar is te veel in-jokes wat net ons sal verstaan; ons, wat elke dag die koerant en Sondae Rapport lees.” 

- Beeld

Lees meer oor: rolprente  |  vermaak  |  bekendes

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.