Schiffer swanger en kaal op voorblad
2010-05-11 20:08
Berlyn – Die supermodel Claudia Schiffer sal hoogswanger en kaal op die voorblad van tydskrif Vogue in Duitsland verskyn.
Schiffer (39) sal glo trots haar magie in die Junie uitgawe van Vogue wys. Dit sal Woensdag op winkelrakke in Duitsland beskikbaar wees.
Sy verwag haar derde kind, wat nou enige dag sy verskyning moet maak.
“Daar is nie baie vroue wat al so baie soos Claudia afgeneem is nie, maar nog nooit tevore is sy gesien soos in hierdie foto’s nie,” het Christiane Arp , die tydskrif se redakteur, gesê.
- Sapa