Scherzinger vervang Cole op The X Factor
2011-06-07 18:58
Los Angeles – Cheryl Cole is amptelik deur Nicole Scherzinger op die Amerikaanse weergawe van The X Factor vervang.
Die 27-jarige sanger is glo van die program afgedank ná slegs vier oudisies twee weke gelede.
En dit is amptelik. Scherzinger, mede-aanbieder van The X Factor, sal nou een van die beoordelaars word saam met Simon Cowell, L.A. Reid en Paula Abdul.
Daar is in ‘n verklaring van Fox, Fremantlemedia North America en Syco, bevestig dat Scherzinger vir Cole as beoordelaar op The X Factor gaan vervang.
Scherzinger was in 2010 ‘n gasaanbieder saam met Cowell op The X Factor in Brittanje.
Steve Jones sal nou alleen die aanbieder van dié program wees.
Alhoewel gerugte die ronde doen dat Cole afgedank is, word daar beweer dat sy en die vervaardigers van die program die besluit gesamentlik geneem het.
Cole het ‘n kans om na die program terug te keer, van die hand gewys.
- iafrica.
- Volg Nuus24 op Twitter.