Sarah Palin dalk in realiteitsreeks
2010-03-05 03:36
Los Angeles – Sarah Palin, die gewese Amerikaanse visepresidentskandidaat en voormalige goewerneur van Alaska, is besig om saam met Mark Burnett, vervaardiger van Survivor, ‘n werklikheidsreeks oor Alaska aan uitsaaiers te verkoop.
Sy en Burnett het drie groot uitsaaiers NBC, ABC en Fox genader terwyl Palin dié week in Los Angeles was vir die verfilming van The Tonight Show With Jay Leno, waarop sy ‘n gas was.
Palin en haar familie sal in die reeks verskyn wat oor Alaska sal handel.
- Reuters