Sangstemme geld in Cats

2009-11-12 10:13
Tweets Share Share line Print

Thys Odendaal

Johannesburg - Katte is so gemaak en so laat staan.

Nukkerig, hovaardig, soms katterig en soms blatant skelm.

Die “gemaak en laat staan” geld ook vir die musiekspel Cats, wat nou sy tweede speelvak in Gauteng beleef.

Dié musiekspel laat geen ruimte vir enige groot “vertolkingskuns” nie: Die katte is katte, soos hulle op die verhoog geplant is – met langstert-kostuums en kopmaskers en katgrimering wat dan reeds die karaktertrek verklap.

Die sanger-danser-akteur kan feitlik net met lyftaal ’n bydrae lewer, en werklik, vir enige beroepspeler is dít nie ’n yslike uitdaging nie.

Wat wél in dié opsig van belang is, is die sangstemme van die onderskeie katte, en hier sou ’n mens ’n musiekregisseur móét inspan vir die rolbesetting.

Een van die enkele onthoubare melodieë in Cats is "Memory" en daarom van belang dat die korrekte stem gekies word.

Angela Kilian, ervare en baie knap in talle rolle tot dusver op die musiekspelkringloop, se stemsoort is eenvoudig nié die aangewese nie.

Grizabella dra nie haar ouderdom goed nie.

Sy is baie oud, moeg en verslete, en haar stem moet allermins “gesond” klink.

’n Swaarder stem is vanselfsprekend nodig, soos dié van Slindile Nodangala met ’n donkerder, gewigtiger stem in die vorige speelvak.

Ook Kilian se mooi gesigvorm is hier steurend, soos ’n jeugdige Angela Lansbury in A Christmas Carol.

Daar is veral twee uitmuntende vertolkings in dié opvoering.

Marcus Desando dwing met sy houding en prag-stem tereg gesag af as Old Deuteronomy.

Die eerste helfte was ’n soort mono-tabloreeks weens ’n “klankbaan” wat in dieselfde ritmiese patroon voortskarrel en nie die dramatiese ommekeer in die “verhaal” aksentueer nie.

Ná pouse het Cats spoedig meer betekenisvol aangedoen met die intrede van Robert Finlayson as Gus, die “ou akteur met sy verlange na die verhoog en misnoeë met die jonger spelers van vandag”.

Sy mikrofoontegniek is perfek en daarom hoef hy nie te skreeu nie, en aldus is elke woord duidelik. Voortreflik!

Earl Gregory se Rum Tum Tugger is gangbaar, maar nie so voorop soos in die vorige produksie nie.

Dié nagsluipers het duidelik nie veel individuele krag nie: Hulle is dáár, teenwoordig, maar almal min of meer dieselfde: Darren Sack se Macavity maak nie veel hond haaraf nie, Jonathan Roxmouth se Munkestrap is allermins so vryelik soos sy skurk in Beauty and the Beast en Gregory se Tugger is net te kamp.

Cats is nie ’n goeie verhoogstuk nie, maar gewis vermaaklik, kleurryk met sy nou alombekende agterstraat-dekorstel, die katkostuums en veral die knap ensemblewerk van die dansgroep.

In katkolonies speel die meeste gebeure saans af.

Veral ná middernag.

Dis stikdonker, behalwe wanneer die maan opkom.

David Hersey se oorspronklike beligting is steeds te bewonder.

Tot 22 November by Montecasino, Johannesburg, en dan Artscape, Kaapstad, van 29 November tot 10 Januarie 2010.

-Beeld

Lees meer oor: teater

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.