Sangeres in hospitaal weens infeksie
2010-01-30 05:18
Riverside, Kalifornië – Volgens Etta James se seun is die 72-jarige sangeres in Kalifornië in die hospitaal opgeneem weens ‘n ernstige infeksie.
Donto James het Vrydag bevestig dat sy ma reeds ‘n week in die Riverside-hospitaal is weens ‘n blaasinfeksie.
James het sowat ‘n maand gelede met ‘n program begin om haar afhanklikheid aan pynstillers stop te sit.
James, wat alles van die blues tot jazz sing, is alombekend vir haar liedjie “At Last”.
– Sapa, AP