Sangeres hou asem op vir 2de pienkvoet
2010-05-28 05:40
Los Angeles - Die Frans-Kanadese sangeres Celine Dion "wag vir goeie nuus" oor 'n tweede swangerskap.
Die 42-jarige sangeres, wat 'n negejarige seun Rene-Charles saam met haar man Rene Angelil het, sê sy hou nie daarvan om te praat dat sy nog kinders wil hê nie, maar sal in die toekoms nog 'n baba wil hê.
Sy het ook gesê sy gaan nie enige inligting bekendmaak voor sy seker is sy is swanger nie, omdat sy nie aanhangers wil verwar nie."
– Heat
Volg Nuus24 op Twitter