Sangeres herenig met pa ná ouma se dood
2012-11-19 16:42
Los Angeles – Die sangeres Alicia Keys het haar verhouding met haar pa ná haar ouma se dood in 2006 herstel, het sy in 'n onderhoud gesê.
Keys se ma, Teresa, het haar alleen grootgemaak nadat haar pa, Craig Cook, die gesin verlaat het toe sy twee jaar oud was. Sy het hom jare lank verwyt.
Die ster, wat nou die ma is van 'n tweejarige seuntjie, Egypt, het haar houding teenoor haar pa verander toe haar ouma gesterf het, en het verplig gevoel om na Cook uit te reik.
"Ek en my pa is nou op goeie voet. In die grootwordproses besef jy dat jy aan woede vasklou. Ek was kwaad en ek is seker ek het die reg gehad om kwaad te wees, maar deur aan die woede vas te klou, maak jy net jouself seer."
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter