Sanger se skelmpie was 'geen geheim'
2010-05-26 04:21
Los Angeles - Ronan Keating se skelmpie was "openlik" oor hul verhouding, wat na bewering 'n "oop geheim" geword het na sy haar vriende van die romanse vertel het.
'n Bron het aan The Sun gesê: "Francine het baie mense vertel. Sy het meer as een vriend vanjaar vertel dat sy nie met ander mans kan uitgaan nie, omdat sy en Ronan saam is."
"Dit was asof sy wou hê mense moet weet. Teen daardie tyd het hulle al maande lank 'n verhouding gehad – dit was 'n oop geheim in die dansgemeenskap."
Francine het ook glo haar kêrel Nick Robbins in Oktober verlede jaar in die pad gesteek toe dinge tussen haar en Ronan meer intens raak.
Die nuutste onthullings gaan nie die 33-jarige Ierse sanger help om met sy vrou, Yvonne, versoen te raak nie.
Sy het hom verlede week uit hul huis geskop toe die verhouding aan die lig gekom het.
'n Vriend het gesê: "Hy is in stukke – skaam en verneder. Hy sê hy sal enigiets doen om Yvonne terug te kry. Hy sal op sy knieë smeek.
– Heat