Sanger het vrou 10 keer verneuk
2010-03-11 23:46
Londen - Een van die lede van die groep Take That, Mark Owen, het erken dat hy sy vrou met minstens 10 ander vroue verneuk het.
Dié sanger het sy lang stryd teen alkoholmisbruik vir sy egbreek blameer. Hy sê hy is inniglik jammer vir die pyn wat hy sou vrou veroorsaak het.
Owen en sy vrou Emma is in Oktober verledejaar, ná meer as vyf jaar saam, getroud. Hulle het twee kinders saam.
Lees hier meer.