Sandra se eks spoedig verloof
2011-01-20 22:00
Los Angeles – Jesse James, wat verlede jaar van Sandra Bullock geskei is, gaan met ‘n tatoeëer-kunstenaar, Kat Von D, trou, berig People.com.
“2010 was eintlik die beste jaar van my lewe,” sê Jesse.
“Dis die jaar wat ek verlief geraak het op my beste vriendin.”
“Ek is so geëerd dat sy ‘ja’ gesê het.
“Om saam met haar oud te word gaan ‘n jol wees,” het James (41) gesê.
Intussen het dié kunstenaar van Los Angeles erken dat hy “die een” is.
Kat von D (28) is egter nog nie seker of sy al gereed is om na Texas te verhuis om by haar geliefde te wees nie.
“Ons sal vir eers twee tuistes hê,” sê sy.
“Jou tuiste is in elk geval waar jou hart is, en myne is by Jesse.”
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.