Sandra kry interdik teen bekruiper
2010-07-20 21:38
Los Angeles - Die aktrise Sandra Bullock het 'n tydelike inderdik bekom teen 'n man wat haar sedert 2003 bekruip, berig BBC.
Thomas James Weldon is beveel om nie die 45-jarige aktrise by enige van haar huise te of filmstelle te kontak nie.
'n Verdere verhoor sal op 6 Augustus plaasvind.
'n Vorige interdink wat in 2003 bekom is, was slegs geldig tot 2009.
Weldon word daarvan beskuldig dat hy Bullock herhaaldelik probeer kontak en haar agtervolg in 'n poging om haar te ontmoet.
Volgens hofdokumente het Bullock nog nooit die man ontmoet nie.
Lees meer by BBC
Volg Nuus24 op Twitter