Jackson lees rympie vol vloekwoorde
2011-06-14 22:29
Los Angeles – Samuel L. Jackson, bekend vir sy vuilbek, gaan
die stem wees van die oudioboek-weergawe van die treffer kleuterrympie, Go the
(Bleep) to Sleep.
Die ster van Pulp Fiction en Snakes on a Plane
is geen vreemdeling vir vloekwoorde.
Go the (Bleep) to Sleep is geskryf deur Adam
Mansbach en het almal verbaas toe dit soos soetkoek begin verkoop.
Dis al vir weke lank ‘n topverkoper op
Amazon.com en die filmregte is ook reeds verkoop.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP