Samuel L. Jackson in die rol van Martin Luther King
2011-04-15 18:00
eNew York – Samuel L. Jackson gaan binnekort op Broadway te sien wees in ‘n verhoogstuk oor die laaste aand van Martin Luther King Jnr. se
lewe.
Jackson, bekend vir sy rol as ‘n bendelid
in Pulp Fiction, sal die rol van Luther King Jnr. in The
Mountaintop vertolk.
The Mountaintop is reeds in 2009 in Londen
opgevoer en het die gesogde Olivier-toekenning vir beste verhoogproduksie
gewen.
Daar was sprake dat Halle Berry saam
met Jackson sou speel, maar kwessies rondom haar
kinders het dit onmoontlik gemaak.
Die verhoogproduksie sal in Oktober op Broadway
begin.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA