Saartjie Baartman-fliek by gesogte filmfees
2010-09-01 14:30
Kaapstad - 'n Franse film oor Saartjie Baartman se lewe is op die lys van gevierde films by vanjaar se Venesiese filmfees in Italië.
Suid-Afrikaanse akteur Andre Jacobs het meer as drie maande aan die fliek gewerk, en vandag is hy saam met Hollywood-sterre soos Jessica Alba, Natalie Portman en Joaquin Phoenix op die rooi tapyt in Venesië om die filmfees by te woon.
Andre speel die rol van Hendrick Cezar, die broer van die man wat Saartjie as slaaf aangehou het.
Hendrick het Saartjie oortuig om Europa toe te gaan om munt te slaan uit haar uitsonderlike liggaamsbou.
Die regisseur is die bekroonde Abdellatif Kechiche.
Quentin Tarantino lei die beoordelaarspaneel, en saam met hom is Arnaud Desplechin van Frankryk, Guillermo Arriaga van Mexiko en die Italianer Gabriele Salvatores.
- Vir die volledige storie besoek Sarie.
- Volg Nuus24 op Twitter.