SABC3 wil meer nuwe Afrikaanse programme uitsaai

2010-11-22 08:15
Tweets Share Share line Print

Beeld

Kaapstad. – Daar is nie genoeg Afrikaans op TV nie, sê SABC3, met die openbare uitsaaier wat nou beplan om baie meer nuwe Afrikaanse kykstof in die toekoms uit te saai en ook te vervaardig.

Die rede hiervoor is die (koop)krag van Afrikaanse kykers wat Afrikaanse programme ondersteun en uitsaaiers in staat stel om hoër advertensietariewe te vra.

Dan is daar ook die toenemende Afrikaanse mededinging met algemene vermaakkanale soos kykNET op DStv en die nuwe kanaal ASTV, wat sedert Oktober op Top-TV beskikbaar is.

Dié kanaal se gewildheid is vinnig besig om toe te neem.

SABC3 is die SAUK se enigste kommersiële TV-kanaal en boonop hoofsaaklik Engels.

Die nuwe tweetalige ontbytprogram Expresso met aanbieders Liezel van der Westhuizen, Ewan Strydom en Michael Mol wat op weekoggende regstreeks vanuit Kaapstad uitgesaai word, is egter reeds baie gewild onder kykers.

Weens die sukses en positiewe kykerreaksie wil die uitsaaier nou nog meer Afrikaans op die uitsaaiskedule sit.

“Soos ons vorentoe beweeg, gaan ons baie Afrikaanse inhoud hê, want ons voel daar is nie genoeg Afrikaans op TV nie,” sê Risuna Mayimele, bemarkingshoof van SABC3.

“Wanneer jy kyk na ons nuwe ontbytprogram Expresso – daar was tot nou toe niks in daardie tydgleuf wat tot die Afrikaanse mark gespreek het nie. Daarom het ons hierdie leefstylprogram begin,” sê sy.

SABC3 het reeds verskeie Afrikaanse reekse by kykNET gekoop en sal volgende jaar voortgaan met hul strategie om op dié manier Afrikaanse kykers te lok.

“Donderdagaande saai ons klassieke Afrikaanse TV-dramas uit, maar ons gaan ook varser, nuut vervaardigde, kommersiële Afrikaanse inhoud hê wat aanklank vind by jong, moderne Afrikaanse kykers.

Dit (Afrikaans) is iets wat ons reeds baie gehelp het.

“In die toekoms gaan ons belê in nuwe Afrikaanse programme,” sê sy.

“Ons gaan ook meer ou klassieke reekse wys. Ons vind dat klassieke reekse werk. Mense wil dit steeds en weer sien, veral die jonger generasie wat dit nog nooit gesien het nie.” 

Volg Nuus24 op Twitter

Lees meer oor: sabc  |  televisie  |  afrikaans

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.