SA verloor ’n reus van die teater

2012-01-28 08:30
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – “Sy het, soos die oumense gesê het, standing gehad.”

Só het die toneellegende Pieter Fourie Vrydag gesê toe hy hoor die bekroonde Suid-Afrikaanse dramaturg Reza de Wet is oorlede.

Leukemie is in Oktober 2011 by De Wet (59) gediag­noseer. Sy is Vrydagoggend in haar slaap in haar huis op Grahamstad dood. Sy was ’n baie private mens en het die laaste maande nie eens haar telefoon beantwoord nie. Twee niggies het haar help versorg.

“Sy was ’n skitterende aktrise, briljante regisseur en dramaturg met haar werk geanker in die vesel van die Afrikaner se geskiedenis. Maar sy had ’n Tsjechof-aanslag.

“Sy het daarin geslaag om die plaaslike lokale in werklikheid tot internasionale statuur te verhef. Dis ’n merkwaardige stem wat ons verloor... ”

De Wet is op Senekal in die Oos-Vrystaat gebore. Sy het ’n meestersgraad in die Engelse letterkunde met lof aan Unisa behaal en was tot 2007 professor in drama aan die Rhodes-universiteit op Grahamstad.

Roux Engelbrecht, ’n familievriend en kollega van Grahamstad, praat van haar sonnige karakter, haar lojaliteit en veral haar fynbesnaardheid.

“Sy hét ook ’n donker kant gehad, ja, maar dit het sy vir haar skryfwerk gelos.”

Die akteur André Stoltz, wat deur De Wet gevra is om as vervaardiger en regisseur op te tree van Mis, die toneelstuk wat vir gr.12 voorgeskryf is, vertel hoe sy “op ’n ander vlak kon kommunikeer”.

“Sy sou sommer vir jou sê Anton Tsjechof het pas by die kamer ingestap. Daar was iets van die mistikus omtrent haar.”

De Wet was familie van die digter Eugène Marais en het dikwels vertel sy het ’n besonderse band met Marais.

Haar uitgewer, Marietjie Coetzee-Malan, onthou juis die “magiese, en dikwels byna groteske kwaliteit van haar werk, waarvan Diepe Grond die eerste was”.

Sy het onder meer drie FNB Vita-toneelpryse, drie Fleur du Cap-toneelpryse, twee Hertzogpryse, ’n Rapport-prys en CNA-letterkundeprys gekry.

Sy word oorleef deur haar man, Lindsay Reardon, dogter, Nina van Schoor, en twee kleinkinders.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: reza de wet  |  bekendes

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.