SA spierpaleis by Mnr.Wêreld
2010-03-27 11:02
Kaapstad - Jaco de Bruyn, die spierpaleis wat die tweede plek in die Mnr. Suid-Afrika-kompetisie behaal het, gaan Suid-Afrika by die Mnr. Wêreld-kompetisie verteenwoordig.
Dié kompetisie word in Incheon in Suid-Korea aangebied en die wenner word Saterdag aangekondig.
Stephen Segal, Mnr. Suid-Afrika, het hom verlede maand aan die Mnr. Wêreld-kompetisie onttrek om mede-aanbieder van ’n Suid-Afrikaanse leefstylprogram te wees.
Kliek hier om te sien teen wie Jaco te staan kom.
– Nuus24