SA se bekendste kulkunstenaar ernstig siek
2011-02-02 07:46
Pretoria. – Martino, Suid-Afrika se bekendste kulkunstenaar, is ernstig siek in die Netcare Pretoria-Oos-hospitaal.
Die 64-jarige Martino het glo ná ’n operasie aan sy dermkanaal sepsis ontwikkel.
Hy vermaak Suid-Afrikaners al vir langer as vier dekades.
Sy verloofde, Letisha Sonnekus, het Dinsdag gesê hy is in ’n waaksaal en was in ’n stadium verdoof.
“Hy word nou by die dag beter,” het sy bygevoeg.
Martino woon deesdae in Bela-Bela (Warmbad).
Hy het in Pretoria grootgeword.
Hy is veral bekend as skepper van die frase “Kul jou hier, kul jou daar en siedaar!”
Sy eerste TV-reeks, Die Kulkuns van Martino, is in die tagtigerjare op Suid-Afrikaanse televisie uitgesaai.
Volg Nuus24 op Twitter
- Die Burger