SA-rolprent wen by Cannes
2010-05-23 15:08
Cannes – Die plaaslike rolprent Life, Above All het Saterdagaand ‘n belangrike toekenning by die Cannes-filmfees gewen, berig Eye Witness News.
Die fliek was vroeër vandeesweek in die nuus nadat dit vir 10 minute staande toegejuig is by die openingsaand daarvan.
Die fliek is Saterdagaand bekroon met die Prix Francois Chalais-toekenning.
Dit handel oor Chanda, 'n tienermeisie van 'n klein dorpie buite Johannesburg. Ná haar babasussie by geboorte sterf en gerugte oor haar se HIV-status die dorpie vol lê, vlug haar ma en Chanda verlaat die skool.
Kliek hier vir die volledige berig.