SA rolprent op Oscar-kortlys
2011-01-24 17:00
Los Angeles - Die Suid-Afrikaanse rolprent Life, Above All is een van agt rolprente wat gekortlys is vir ‘n Oscar vir die beste buitelandse rolprent.
Die Oliver Schmitz-rolprent was een van 66 nie-Amerikaanse rolprente wat deur die Academy for Motion Picture Arts and Sciences oorweeg is en het tot die volgende ronde deurgedring.
Die volle lys van genomineerde rolprente sal Dinsdag (môre) bekend gemaak geword.
Die Oscar-seremonie sal op 27 Februarie plaasvind.
Volgens Greig Buckle, regisseur, sal daar geen feesvierings wees totdat die nominasies amptelik aangekondig is nie.
Die rolprent speel in 'n dorpie af en handel oor ‘n tiener, Chanda, wat gerugte oor haar ma se MIV-status moet verwerk. Die gerugte forseer Chanda se ma om te vlug waarna sy na haar ma en die waarheid begin soek.
- Vir meer inligting besoek TimesLive.
- Volg Nuus24 op Twitter.