SA popgroep Eden spat uiteen

2011-02-04 08:43
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Die popgroep Eden gaan vir eers net tot einde April saam optree. Daarna gaan elke lid van die groep sy eie pad stap – net om einde vanjaar weer saam te kom.

Maar, verseker hulle Donderdag, dit beteken hoegenaamd nie dat Eden permanent uitmekaar gaan spat nie. Hulle gaan selfs nog volgende jaar ’n Eden-CD uitreik.

Die hoofsanger, Jay, sê dinge gaan deesdae vir die drie lede van die groep “net doodeenvoudig te dol en ons moet onsself ’n kansie gee om asem te skep”.

“Jy moet onthou dat Eden al 11 jaar bestaan. Ons moet nou ’n bietjie rus, in die spreekwoordelike sin. In die letterlike sin gaan ons juis nié rus nie. Ek self gaan landwyd solo toer ná my eerste solo-album verlede jaar.

“Intussen werk ek, Paul (Asevedo) en Johan (Vorster) ook nog aan ’n nuwe Eden-album wat ons aanstaande jaar wil uitreik. Dus, ons gaan geskei wees wat fisiese openbare shows betref, maar dit is omtrent al.”

Jay se album, Solo, vat-vat aan platinumstatus (verkope van minstens 40 000).

Asevedo sê daar is geen sprake van ’n permanente breuk nie. “Almal gaan net ná April op ander projekte fokus. Ons beplan trouens groot optredes einde vanjaar as Eden.”

Eden het in sy bestaan reeds verskeie toekennings in die musiekbedryf gewen.

- Volksblad

Lees meer oor: vermaak  |  musiek  |  eden

Lewer kommentaar op hierdie artikel
13 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.