SA ontwerper na New York-modeweek genooi
2011-03-24 18:00
Kaapstad - Die Suid-Afrikaanse mode-ontwerpers Malcolm Klûk en Christiaan Du Toit van KLûK CGDT gaan Afrika in September by die New York-modeweek verteenwoordig.
Hulle is tydens die Arise Magazine Lagos-modeweek in Nigerië bekroon as die Ontwerper van die Jaar.
Nou gaan hulle Afrika in September by die New York-modeweek verteenwoordig, saam met vier ander ontwerpers van die vasteland.
Malcolm het in Londen by die Central Saint Martins studeer en het daar geleer by John Galliano, wat tot onlangs die hoof-ontwerper van Dior was.
In 2003 het hy en Christiaan KLûK CGDT begin. Sterre soos Beyoncé, Charlize Theron en Rachel Weisz het al in hul ontwerpe op die rooi tapyt geskitter.
Die ander Afrika-ontwerpers wat na New York gaan, is Bunmi Koko, Tsemaye Binitie, Jewel by Lisa en Pierre-Antoine Veterello.
- Vir meer inligting besoek Sarie.
- Volg Nuus24 op Twitter.