SA model dalk in Warner Brothers TV-reeks
2010-11-27 04:26
Kaapstad - Dis laasmaand aangekondig dat Warner Brothers die storie van Wonder Woman gaan aanpak, máár as 'n televisiereeks, eerder as 'n fliek.
Die televisiereeks sal in die bekwame hande van David E. Kelly gelaat word, beter bekend is vir sy werk in reekse soos Boston Legal, Ally McBeal en Chicago Hope.
Die vraag op almal se lippe is, wié sal die ster in die noupassende korset wees? Gerugte doen die ronde dat Suid-Afrika se eie Tanit Phoenix, model en aktrise, as die top-kandidaat op die kortlys van 5 kandidate beskou word. Sy het al in flieks soos Lost Boys: The Thirst en Lord of War, teenoor Nicholas Cage, gespeel.
Lees meer by Sarie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sarie