SA kunsfotograwe gesog

2010-07-28 09:20
Tweets Share Share line Print

Die Burger

Die medium maak die kunswerk... of nie? Gelukkig is daar gereeld ­uitdagende ­pro­jekte wat ­hier­die heersende houding in die plaaslike (Suid-Afrikaanse) kunsmark op die kop keer.

Die manier van sien, die ­konsep en vorm­ge­wing wat saam ’n gevoel of insig by die waarnemer wek – dít is wat tot die be­naming kuns lei.

Die opvatting word nou weer ­geïllu­streer deur die kunsfoto­portefeulje van nege top-kuns­fotograwe wat pas deur die Goodman-galery bekend gestel is. Nie in die vorm van ’n gepubliseerde boek nie, maar as ’n portefeulje van oorspronklike fotografiese drukke, elkeen deur die kunstenaar geteken.

Elkeen is deur die meesterdrukker Tony Meintjes op ­argivale veselgebaseerde en kleurvaste fotopapier gedruk. Elke fotodruk is ’n versamel-item uit eie reg, maar is as ’n ­versameling van sewe (twee ­pare kunstenaars het saam gewerk) onder een deksel uitgegee.

Die portefeulje, getiteld Inside Edition, is die eerste in ’n reeks wat deur die galery beplan word. Hierdie eerste sluit werk in van ­Mikhael Subotzky, Jodi Bieber, Adam Broomberg en Oliver ­Chanarin, Hassan en Husain ­Essop, David Goldblatt, Nontsikelelo Veleko en Sue Williamson.

“Die titel verwys na die ‘insider blik’ op ons land en mense, die idee dat kunstenaars ‘insiders’ is, dalk ook ‘sieners’ op ’n manier,” vertel Storm Janse van Rensburg, ­kurator van die Goodman-galery in Kaapstad.

Die bekendstelling onlangs het groot aandag getrek. Veral dat die portefeulje, teen ’n prys van R100000 hoofsaaklik aan oorsese kuns­versame­laars verkoop is. Dat kuns­­versamelaars vertroud met pryse wêreldwyd hierdie ­versame­ling so gretig opraap, dui op hul ­vertroud­heid met die ­internasionale kunsmark. Hulle weet ook ’n Goldblatt kos maklik R110000 vir ’n enkele werk van ­ongeveer A1-grootte, in ’n beperkte oplaag van tien drukke.

Dit beteken tien van daardie een werk mag gedruk word en word deur die kunstenaar ge­teken. ­Subotzky se prys vir ­werke in ’n beperkte oplaag van vyf, teen dieselfde A1-grootte, is R60000.

Janse van Rensburg, in opdrag van Liza Essers, die eienaar van die Goodman-galery in Johannesburg, was verantwoordelik vir die keuse van die werke. Bronwyn Law-Viljoen het die bygaande teks geskryf. Waar die vertolking van ’n kunswerk ook in eie reg ’n kuns­vorm is, dra die begeleidende teks ook by tot die versamel­waarde. Law-Viljoen skryf ter­sake en insig­gewend oor die ­temas en hul plek in die poli­tieke en sosiale geskiedenis van die land en die geskiedenis van ­fotografie. Sy lig die volgende uit: ­“Photography, more than any other medium in the visual arts, has been, in many ways, burdened with truth.”

Daarom dat die kuns­­foto­grawe voor 1994 gestoei het met die ­hardheid en kompleksiteit van die apartheidstaat in ­dikwels eksplisiete skote. Ná 1994 het sake ver­ander. Ander genres as die sosiaal-dokumentêr ­beskry­wende soort ­foto’s word ontgin. Landskap en portret, binne die ­konteks van nou en toe, word vryer ­vertolk.

’n Mens sien byvoorbeeld hoe Adam Broomberg en ­Oli­ver Chanarin die geskiedenis met hul kameras skryf in hul werk Section 4 – die tronkdeur ­waar­agter Nelson Mandela in die Ou Fort aangehou is. Weg is die ­blatante geweld van vroeëre ­sosiaal-dokumentêre fotokuns. Die tronkdeur, gemerk met graffiti, dra selfs die este­tiese bekoring van verwering.

Hierin lees ’n mens ’n ­terugkeer na van die doel­stellings van die Modernisme. Totdat die titel jou in die geskiedenis van ­onderdrukking teruggryp. Maar nie sonder die gelyk­tydige gevoel van bevryding nie. Konsep en uitvoering ­is perfek versmelt in hierdie meesterstuk – ’n waardige ­portefeulje wat fotografie as versamelstuk vooropstel.

    * Skakel die galery by 021 462 7573.

- Die Burger

Lees meer oor: vermaak

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

mdegrobler sê... Fantastic!!!! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Junior .Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

BT-50 3.0 CRDi Drifter SLE D-Cab Dsl PU MY07
2010
R 259,990.00

CHEVROLET

CAPTIVA 2.2D LTZ 4X4 AT
2012
R 424,000.00

VOLVO

S40 2.4i
2007
R 230,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Ghost Recon Future Soldier

Vanaf: R349.95

Beplan, vernietig, infiltreer. Verloor jouself in die toekoms van oorlogvoering, word 'n Future Soldier met Gost Recon.Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.