SA-fliekreuse slaan vuis oor Twilight
2010-06-24 15:52
Kaapstad – Twee reuse in die Suid-Afrikaanse film-industrie wil mekaar aan die keel gryp rakende die vertoning van Twilight Saga: Eclipse.
Ster Kinekor Theatres wil die fliek ‘n minuut ná middernag op die dag van die vrystelling, 30 Junie, wys. Hulle opposisie, Nu Metro Entertainment, het aan die ander kant gesê dat Ster Kinekor dit eers ná 09:00 op 30 Junie mag vertoon.
Ster Kinekor Theatres, wat ‘n afdeling van Primedia Ltd, is, sal Vrydag na die Pretoriase hooggeregshof gaan om aansoek te doen vir ‘n bevel wat Nu Metro sal verplig om hulle toe te laat om die fliek om 00:01, 03:01 en 06:01 op 30 Junie uit te saai
Lees meer by Tonight
Volg Nuus24 op Twitter