SA-aktrise kry rol in Bold
2011-06-08 12:20
Kaapstad – Die Suid-Afrikaanse aktrise Terry Pheto het ‘n rol in die sepie The Bold and the Beautiful losgeslaan.
Pheto sal vanaf 13 Junie in die sepie te sien wees as ‘n hart-chirurg.
Sy het reeds na Los Angeles verhuis waar sy besig is om haar voor te berei. Die naam van haar karakter is egter nog nie bekend nie.
Die skrywers van die Emmy-genomineerde reeks, wat sedert 1987 op die kassie is, wil nie uitwei oor Pheto se rol nie, maar hulle het bevestig dat sy die rol van ‘n wêreldbekende hart-chirurg van Suid-Afrika sal speel.
Die laaste Suid-Afrikaanse aktrise wat in ‘n Amerikaanse sepie gespeel het was Esta Terblanche, gewese Egoli-aktrise, wat in All My Children te sien was.
Pheto se tonele sal vanaf 2012 in Suid-Afrika uitgesaai word.
The Bold and the Beautiful word weekliks om 18:00 op SABC 1 uitgesaai met ‘n herhaling die volgende oggend om 08:00.
- Channel24.
- Volg Nuus24 op Twitter.