SA aktrise (13) oorrompel Cannes
2010-05-19 15:21
Kaapstad - Khomotso Manyana (13) van Groblersdal het gister 'n uitgesoekte gehoor by die Cannes-filmfees op hul voete gehad vir 'n staande ovasie vir haar rol in Life, Above All, berig TimesLive.
Khomotso speel die rol van Chanda, 'n tienermeisie van 'n klein dorpie buite Johannesburg. Ná haar babasussie by geboorte sterf en gerugte oor haar se HIV-status die dorpie vol lê, vlug haar ma en Chanda verlaat die skool.
Regisseur Oliver Schmitz sê hy was baie gespanne tydens die vertoning van die film. "Die gehoor hier is baie sinies, hulle stap sommer uit."
Toe die ligte aangaan, was die gehoor se oë vol trane.
Kliek hier vir die volledige berig.
Volg Nuus24 op Twitter.