SA Idols is terug!
2010-02-26 12:47
Kaapstad – Dis tyd om jou mikrofoon te gryp en jou stembande voor die spieël te oefen, want SA Idols kom terug. Hier is die oudisie-datums.
As jy tussen 16 en 30 jaar oud is, is dit nou jóú kans om die beoordelaars se asems met jou talent weg te slaan.
Die oudisies begin reeds in April. Om in te skryf, gaan na www.mnet.co.za
Oudisie-datums
Kaapstad: 6 April, 2010 by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS)
Durban: 17 April, 2010 by die Gateway-inkopiesentrum
Johannesburg: 24 April, 2010 by die Sandton Internasionale Konferensiesentrum
Port Elizabeth: 2 Mei, 2010 by die Boardwalk-inkopiesentrum
Bloemfontein: 8 Mei, 2010 by die Windmill-sentrum
Lees meer by sarie.com