Sý is die begeerlikste vrou ter wêreld
2012-02-01 13:25
Los Angeles – Sofia Vergara, ster van die komediereeks Modern Family, is in ’n peiling op www.askmen.com tot die begeerlikste vrou ter wêreld gekroon.
Vergara, wat in Julie haar 40ste verjaardag vier, is die oudste persoon om dié titel in www.askmen.com se top-99 begeerlikste vroue ter wêreld te wen. Sy het stof in die oë van Rihanna, Kim Kardashian en Emma Stone geskop.
Meer as een miljoen mense het in die peiling gestem.
Die Amerikaanse model en aktrise Kate Upton beklee die tweede plek, terwyl die Girl with the Dragon Tattoo-aktrise Rooney Mara derde en Miranda Kerr en Nicki Minaj onderskeidelik vierde en vyfde is.
Die Suid-Afrikaans-gebore model Candice Swanepoel is tiende op die lys.
Hier is die top-10:
1. Sofia Vergara
2. Kate Upton
3. Rooney Mara
4. Miranda Kerr
5. Nicki Minaj
6. Emma Stone
7. Scarlett Johansson
8. Kim Kardashian
9. Rihanna
10. Candice Swanepoel
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter