Rykste pa toe nie Michael Jackson
2009-10-29 04:07
New York – Die rykste pa in die vermaaklikheidsbedryf is toe nie die koning van pop Michael Jackson nie, het die tydskrif Forbes se jaarlikse peiling getoon.
Die rykste pa is egter die Franse mode-ontwerper, Yves Saint Laurent, het Forbes berig.
Laurent het sowat $350 miljoen (R2.7 miljard) in die afgelope jaar verdien.
‘n Groot gedeelte van sy eiendom is in Februarie vanjaar tydens ‘n veiling verkoop.
Laurent het in Junie 2008 weens breinkanker gesterf.
Richard Rodgers en Oscar Hammerstein het saam tweede geëindig.
Beide het gesamentlik sowat $235 miljoen (R1.8 miljard) in die afgelope jaar ingesamel.
Jackson pronk in derde plek met ‘n inkomste van $90 miljoen (R 706 miljoen).
- Sapa-AP