Ryk oes dié jaar in talle skryf-genres

2009-12-23 09:59
Tweets Share Share line Print

Willem de Vries

Kaapstad - ’n Ingewikkelde konser­tina van takserings – lofuitinge, versigtige bedenkings, fronse en vreugdes – is waarmee vanjaar se republiek der letteren deur lesers, resensente en kommentators begroet is.

Die Franse bevestig vanjaar ­Karel Schoeman se grootheid met ’n prys vir Cette Vie, die Franse ­vertaling van Hierdie Lewe. Maar oor Titaan het John Kannemeyer gesê dit is “ ’n ongemaklike ­hibried: dit is nie feitelike geskie­denis nie en ook nie ’n roman nie; dit is ’n konglomeraat”.

Onlangse SA geskiedenis en die veranderde sakewêreld van ná 1994 is betrek in Geldwolf van ­Carel van der Merwe, Jaco ­Kirsten se Om Na ’n Wit Plafon te Staar en Pieter Haasbroek se Die Ander Vennoot. Van ’n wêreld aan die ­agterkant van politieke munt en mag vertel die filmiese Die ­Evangelis van ­Kaggelsberg deur die steeds onder­gewaardeerde Worcesterse skrywer Abraham Phillips.

Troos vir die Gebrokenes deur die nuweling­skrywer Bettina Wyngaard het gesjarmeer met die ­ver­haal se “(on)rustige, lokale ­rea­lisme” (Riana Scheepers).

Armoede en uitbuiting kom ook op skreiende wyse aan bod in die skrywer van Die Tsotsi-evangelie, Frans van Rensburg, se roman Lammervanger.

Eben Venter betrek ook armoede en seks teen ­vergoeding in Santa Gamka. ­Louise Viljoen meen dit is sy ­oeuvre waardig. Gerda Taljaard is vir ’n Engel in die Hoenderhok wyd geloof. Uit die baie boeke waarin vanjaar met omstrede temas soos bloedskande en kindermolestering omgegaan is, het Annelie ­Botes se Thula-Thula as blits­verkoper na vore getree. Die ­nuweling Odette Schoeman had Jeanne Goosen in trane met haar roman, Swartskaap.

Die Nobelpryswenner John Coetzee se roman Disgrace het met wisseling in aanprysing in ­Afri­kaanse vertaling as In Oneer verskyn. John Miles se ge­nuanseerde Voetstoots het wisselende resensies en begrip ontvang.

Belangwekkende memoires soos Elsa Joubert se tweede outobio­grafiewerk, die ook roman­matige ­Reisiger – Die Limietberge Oor, die gewilde ’n Vurk in die Pad van ­André P. Brink, asook Dot Serfontein se outobiografie, Vrypas, is in dieselfde jaar uitgereik as Strooidak en Toring van Izak de Villiers, wat vanjaar oorlede is. Die digter, buitestander en “bul van Porterville” Barend Toerien is ook vanjaar oorlede. Die skrywer-joernalis Chris Louw het selfmoord gepleeg.

Antjie Krog het ’n keur uit haar eie gedigte onder die prikkelende titel Digter Wordende saamgestel, en Viljoen se belangrike essays oor haar werk, Ons Ongehoorde Soort, is uitgereik. Keure uit voorheen ­ge­publi­seerde verhale is gepubliseer, waar­onder Oulap se Blou deur Chris Barnard en Kortetjies en ’n Lange deur PG du Plessis. Dana Sny­man se Op Die Toneel: Stories, Reise, Stemme is ook positief ontvang.

“(Abraham H.) de Vries het nog selde beter geskryf,” sê Leon Rousseau, as in sy nuwe bundel, Verbeel Jou Dis Somer. Ná tien jaar kom uit Riana Scheepers se pen ’n wel­kome bundel, Katvoet, en van nog ’n ­belang­rike kortverhaalskrywer, Welma Odendaal, het Landskap met Diere verskyn. Wisselende sukses is behaal deur Hennie Aucamp se Die Huis van die Digter en Ander Liefdesverhale. Die spanningskortverhale deur Deon Meyer, Karoo­nag en Ander Verhale, en die debuut­werk van Karin Brynard, Plaasmoord, is albei “broeiend, boeiend, brijant”. Toast Coetzer het gedebuteer as romansier met die spannende Naweek, terwyl ­Jaco Fouché se roman, Ed van Inligtingstelsels, en sy kortverhale Skrywersblok en Ander Verhale lou aanprysing­ ontvang het.

Aan die digkunsfront sit Breyten Breytenbach in Afrikaans en ­Engels sy immer vernuwende werk voort met Oorblyfsel/Voice Over in Gesprek met Mahmoud Darwisj. ­Danie Marais se Al is die Maan ’n Misverstand het verskyn, as­ook ­Daniel Hugo se Die Panorama In My Truspieël, Joan Hambidge se Vuurwiel, Johann de Lange se Die Algebra Van Nood, Gilbert ­Gibson se oogensiklopedie en Cas Vos se ­Intieme Afwesige. Met dank en waardering, soos ook in Suid-Afrika en Nederland, Ena Jansen se keur van Elisabeth Eybers-gedigte met ’n opname waar Eybers die gedigte voorlees, Klinkklaar. Suzette Kotze-Myburgh en Scheepers se Nuwe Kinderverseboek is ’n wel­kome ­byvoeging tot die nuuskierige ogies en oortjies se poësieskat.

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: boeke

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Philip sê... "Die reeks word in China vervaardig" Terwyl daar duisende werkloses in SA is. Idiote. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.