Russell Brand kry eie Amerikaanse komediereeks
2012-01-10 21:01
Los Angeles – Die Britse komediant Russell Brand het ‘n kontrak geteken vir ‘n nuwe laatnag televisie-komediereeks op die FX-netwerk wat later in die jaar sal begin, het FX Maandag gesê.
Die ster van Get Him tot he Greek sal aan Amerikaanse gehore sy siening oor politiek, nuus en popkultuur gee tydens ses episodes wat voor ‘n gehoor opgeneem sal word.
Dié nuwe projek is Brand se deur tot Amerikaanse televisie, ná filmrolle in Hollywood-komedies soos Arthur en Forgetting Sarah Marshall.
Brand (36) het sy loopbaan as ‘n komediant in Brittanje begin en het later ‘n omstrede stem op Britse radio en televisie geword.
Hy is gedwing om in 2008 as radiopersoonlikheid by die BBC te bedank nadat hy wulpse fop foonoproepe gemaak het.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Reuters