Russel Brand soek nie Perry se geld
2012-02-08 19:58
Los Angeles – Die Britse komediant Russell Brand, vervreemde man van die Amerikaanse popster Katy Perry, wil glo nie haar geld hê nie, het 'n bron gesê.
Brand het Perry verlede jaar in Desember vir 'n egskeiding gedagvaar nadat hulle slegs vir veertien maande getroud was.
Dit het nou aan die lig gekom dat hulle nie 'n voorhuwelikse kontrak geteken het nie, so Brand is geregtig op die helfte van die "Firework"-sangeres se fortuin van $44 miljoen (sowat R333 miljoen).
Maar Brand het glo aan Perry gesê hy wil niks van haar hê nie.
Volgens TMZ sal hulle amptelik op 30 Junie geskei wees omdat daar 'n wagperiode van ses maande is.
– Bang Showbiz.
– Volg Nuus24 op Twitter.