Prinses neus in die lug oor skoonseun se rugbygesig
2011-03-08 12:27
Londen - Engeland se rugbyster Mike Tindall is deur sy aanstaande skoonma, Prinses Anne, beveel om sy neus te laat reguit maak voor hy in Julie met haar dogter Zara Phillips trou.
Volgens die Wedding News webtuiste is Prinses Anne glo bekommerd dat die troufoto's nie goed gaan lyk as die 32-jarige senter nie iets aan sy skewe neus doen nie.
Tindall het sy neus al agt keer in sy sportloopbaan, wat oor 12 jaar strek, gebreek. En het glo vantevore vir 'n operasie gegaan om dit te laat reguit maak.
Selfs rugbyliefhebbers en Tindall se spanmaats, wat 'n troetelnaam vir sy neus het, kan nie help om dit mis te kyk nie.
Daar is 'n blad op Facebook gestig, Mike Tindall se Neus, wat reeds meer as 300 vriende het.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24